Quebecstad

Ville de Québec

Kaart Wapen
Vlag
 Land Kanada
 Provinsie Quebec
 Koördinate 46°49′N 71°12′W / 46.817°N 71.200°W / 46.817; -71.200
 Stigting 3 Julie 1608
 Oppervlakte:  
 - Totaal 454,26 vk km
 Hoogte bo seevlak --
 Bevolking:  
 - Totaal (2014) 530 168
 - Bevolkingsdigtheid 1 167,1/vk km
 - Metropolitaanse gebied 799 600[1]
 Tydsone UTC -5 (Oostelike tyd)
 Burgemeester Régis Labeaume
 Amptelike Webwerf ville.quebec.qc.ca Geargiveer 16 Augustus 2006 op Wayback Machine

Quebecstad (Frans: (Ville de) Québec [kebɛk], Engels: Quebec (City) [kɨˈbɛk]) is die hoofstad van die Franssprekende Kanadese provinsie Quebec - en as sulks die setel van die enigste Franssprekende regering op die vasteland van Noord-Amerika. Met 'n bevolking van 530 168 in 2014 is dit op een ná die grootste stad in Quebec - en ook die enigste in Noord-Amerika waarvan die historiese stadskern ommuur en versterk is. Die huidige stadsmuur rondom die hoër geleë dele van die ou stad (Vieux Québec) het tussen 1608 en 1871 ontstaan, maar is veral uitgebrei in die tyd ná die inneming van Quebecstad deur Britse troepe in 1759.

Die stadsmuur met 'n totale lengte van 4,6 kilometer en vier groot steenpoorte het tot vandag toe volledig bewaar gebly. Dit is toeganklik vir besoekers en bied 'n uitsig oor die ou middestad. Die Engelse skrywer Charles Dickens het Quebecstad onder die indruk van sy argitektuur met vesting en versterkingsmure selfs die Gibraltar van Noord-Amerika genoem.[2]

Die stad lê bo-op Cap Diamant aan die oewer van die Sint-Laurensrivier wat hier 'n breedte van sowat 800 meter bereik. Quebecstad beskik danksy die rivier oor 'n natuurlike hawe. Vieux Québec (Ou-Quebec) is deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar.

  1. Statistics Canada - Population of census metropolitan areas. Besoek op 13 April 2015
  2. republiquelibre.org - 1842: Charles Dickens visite Montréal et Québec

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search